Telenovela Drama

Sluitingsdatum 28/01/2019

ROEP

kykNET is op soek na vars en uitdagende 30min (24min met twee advertensie breke) drama ontvlugting en vermaaklikheid bied. Sterk, argetipies-geïnspireerde manlike en vroulike karakters moet deur die kern-besigheid van die storie meegesleur word en die skokgolwe van die uitkring hiervan probeer beheer of absorbeer.

INFORMASIE

  • Genre: Drama
  • Taal: Afrikaans
  • Tydsduur: 24 mins
  • Aantal Episodes: 13
  • Begroting: Sal Bespreek Word
  • AR Teiken: LSM 8-10

 

KONSEP

kykNET vereis ‘n hoë konsep drama voorstel wat moontlik ‘n telenovela kan word indien die kykers by die reeks en karakters aanklank vind. Die storie-wereld moet nie beperkend wees nie, en moet kans gun vir nuwe stories en karakters om deurlopend deel te word van die storie.

OORSPRONKLIHEID

Oorspronklike en unieke voorstelle sal oorweeg word.

STRUKTUUR

Die episodiese struktuur sal soortgelyk aan die verwagte, tradisionele sepie-struktuur, met drie bedrywe en twee advertensiebreuke, uitspeel. Wat die storielynontwikkeling aanbetref, sal dit afhang van die kompleksiteite en draaipunte van elke lyn.

KARAKTERS EN KARAKTERISERING

kykNET is op soek na gemotiveerde argetipes met ‘n stewige stereotipiese ondertoon. Die karakters moet veelvlakkig wees.  Die stories moet deeglik vervleg word en dui op die vaardigheid van die skryfspan om die drama te omskep in ‘n daaglikse drama.

VISUELE VERWESENLIKING

Dit is kardinaal dat die geskrewe voorlegging ‘n duidelike visuele voorstelling by die leser opwek. kykNET se behoefte is ateljee-gedrewe verfilming, met ‘n buitekomponent (location shoot) van 30% - 50%.

VEREISTES

  • ’n PDF Voorlegging wat ’n duidelike uiteensetting gee van storie, wereld en karakters.
  • Die konsep, ‘n loklyn, reekssinopsis, die oorhoofse tema en premis, ‘n uiteensetting van ‘n paar langtermyn storielyne wat spruit vanuit die storiewêreld en karakters 
  • Karaktersketse en duidelike uiteensetting van elkeen se funksionele rol in die storieontwikkeling, tesame met voorgestelde geselskap
  • Name van sleutelpersoneel wat by vervaardiging betrokke is:
    • Vervaardiger/s
    • Regisseur/s
    • Skrywer/s
    • Produksiespan

SLUITINGSDATUM

28 Januarie 2019

Submit an Idea