Realiteits Opdrag 2018

Sluitingsdatum 02/05/2018

Inleiding:

KykNET is op soek na ʼn oorspronklike realiteitsreeks wat aanklank sal vind by ons teikengehoor. Die oorkoepelende riglyn is: Ons soek televisie wat jy nie kan misloop nie.      

TEMA: Mansgenoeg:

Met die aanvang van die vroue-bevrydingsbeweging in die laat 60’s en die daaropvolgende wêreldwye bewusmaking van feminisme het vroue daarin geslaag om tot ‘n groot mate gelykheid met mans op ‘n politiese, sosiale en ekonomiese vlak te behaal.

Die rol van die vrou in die huishouding en werksplek het dramaties verander, en vandag kan meeste vroue hulle plek volstaan in poisisies/rolle wat oorspronklik slegs vir mans beskore was. Maar waar laat hierdie revolusie die moderne man? Wat presies is dit deesdae wat ‘n ware man van ‘n man maak?

In die verlede kon hierdie rol maklik omskryf word: hoof van die huis, broodwinner, reël-maker, wet-maker, sterk, gebou om te hou, dapper, vreesloos, emosioneel terughoudend, en beskermheer - gefokus op die welstand van sy familie sonder om te betrokke te raak.

Vandag voel vrouens anders oor die saak, en soek nie meer ‘n tawwe ou wat nooit sy emosies wys nie. Die moderne man is sensitief, empaties, romanties en passievol. Hy het genoeg selfvertroue om homself nie aan die ou norme van manlikheid te steur nie. ‘n Moderne man kan kook en doeke omruil, inkopies doen en die kinders by die skool optel. ‘n Moderne man het goeie maniere, het belangstellings wat verder strek as TV kyk en uithang met sy pelle. ‘n Moderne man is eerlik, slim en snaaks,‘n goeie nutsman wat smaakvol aantrek en altyd lekker ruik. Hy skaar homself nie by outydse stereotipes van wat vrouens behoort te doen nie, maar dit tog waardeer wanneer sy dit doen. Hy is ‘n man wat sy vrou ondersteun in haar loopbaan, al beteken dit dat sy meer verdien as hy. Tog is hy ook ‘n harder werker met ambisie en drome.

 

Maar het al die mans daarbuite hierdie memo ontvang? Klaarblyklik nie!

Mansgenoeg moet ‘n realiteitsreeks wees waarin moderne manlikheid ondersoek word, en waar die vraag gevra moet word “Watter kwaliteite maak van die hedendaagse man ‘n ware man?”. Hoe kan ‘n man nuwe insigte ontwikkel en kwaliteite aanleer om van hom ‘n ware moderne man te maak?

It is time to man up!

 

Inhoudsriglyne:

  • Die reekse sal uit 13 episodes van 48 minute elk bestaan en sal in spitstyd uitgesaai word.
  • Die formaat en narratief moet kontemporêr en modern wees. 
  • Die formaat kan in enige realiteits – genre val.
  • Die reeks kan ‘n episodiese of verhalende narratief he.
  • ‘n Kompetisie element kan ingewerk word.
  • Dit is belangrik dat die reeks nie stereotipeer nie en karakters met uiteenlopende agtergronde ingesluit word.
  • Verder moet die konsep sosiale kwessies van die dag insluit, maar tog ‘n lighartige elemente inwerk.
  • Die kyker moet kan identifiseer met die karakters. 
  • Teikenmark, LSM 5-10

Vereistes:

  • n Gedetailleerde opsomming van die formaat.
  • ‘n Gedetaileerde uiteensetting van elke episode se formaat.
  • Indien die formaat take en uitdagings insluit gee asseblief detailed voorbeelde van hierdie take of uitdagings.
  • Indien ‘n kompetisie element ingesluit word, verduidelik die struktuur van die kompetisie.
  • ‘n Volledige uiteensetting van die tipe deelnemers/karakters wat julle sou wou insluit in die reeks.
  • ‘n Uiteensetting van hoe julle beoog om hierdie deelnemers te vind en te oortuig om deel te neem aan die reeks.
  • n Volledige begroting.

Korporatiewe Inligting:

  • Huidige BEE status
  • Let wel: ons sal slegs vervaardigers oorweeg met ‘n B-BBEE status van 4 of minder, “QSEs” en “EMEs”. 
  • Maatskappyregistrasienommer; BTW registrasiesertifikaat;
  • Inkomstebelastingnommer & kopie van registrasiesertifikaat
  • Name van die direkteure of lede of vennote van ‘n Maatskappy, Beslote Korporasie of Vennootskap
  • Kort opsomming van produksies wat tydens die laatse 5 jaar vervaardig is

Submit an Idea