Pendoring Dokumentêr

Sluitingsdatum 22/10/2020

Pendoring vier hul 25ste bestaansjaar. 

Ons wil graag ‘n enkel dokumentêr of reeks, vervaardig oor die Pendoringtoekennings teen die agtergrond van die Afrikaanse en Suid Afrikaanse reklame wêreld. Die Pendorings het oor die afgelope 25 jaar ongelooflike kreatiewe werk vereer, in ‘n landskap wat deurentyd verander en uitgedaag word deur die media en politiek.  Die dokumentêr sal die rol van die Pendorings, sy bestuur, en die reklame-veldtogte op ‘n dinamies kreatiewe manier aanbied.     

Daar is baie unieke stories, mense en uitstekende visuele materiaal in die vorm van veldtogte wat ingesluit kan word by die program/reeks.

 

Vereistes:

  1. Maatskappy inligting
  2. ’n Geldige B-BBEE sertifikaat
  3. ’n Uiteensetting van hoe die projek aangepak, stories ontdek en geskep sal word, en kostes versprei sal word om die projek te verwesenlik. 

 

Begroting:

R400k (begroot argief materiaal apart)

 

Tydsduur:

50min

 

Episodes:

1

 

 

Submit an Idea