Ouerskap-tender

Sluitingsdatum 29/07/2022

PLATFORM: kykNET

GENRE: Realiteiet

TAAL: Afrikaans

LENGTE VAN EPISODES: 48-minute per episode

HOEVEELHEID EPISODES: 13 Episodes

BEGROTING: Vervaardiger stel begroting op

AGTERGROND & OPDRAG:

Ouerskap is nie net een van die vreugdevolste gebeurtenisse in ‘n persoon se lewe nie, maar kan ook een van die mees angswekkend wees. Skielik is jy nie meer net verantwoordelik vir jouself nie, maar ook vir ‘n jong lewe se daaglikse sorg, gesondheid en veiligheid, emosionele welstand , sosiale interaksie en intellektuele groei. Om  verder tot hierdie uitdaging by te dra, het almal ‘n opinie oor ouerskap en hoe weet jy of jou aanslag die regte of verkeerde een is?

Volgens ouerskapkundiges is daar 4 primêre ouerskapstyle – outoritêr, gesaghebbend, geheg en liberaal – maar binne hierdie style is daar ook verdere sub-ouerskapstyle soos die “Tiger”,”Free Range” en “Helicopter”ouerskapstyle. Wat behels elkeen van hierdie style, en watter uitwerking het dit op kinders?

kykNET is op soek na ‘n vermaaklike realiteitsreeks wat ‘n gesprek oor ouerskapstyle sal aanwakker en probeer om van die tergende vrae om ouerskap te ontleed. Ons wil ook graag fokus op ouers met jonger kinders en wil hê dat die verskeie families wat deelneem aan die reeks, mekaar leer ken en gereeld saam dinge doen in kompetisie met mekaar.

Hierdie reeks speel nie in ‘n ateljee af nie, maar sou julle ‘n ateljee-element wou inbring, sal dit aanvaarbaar wees.

VEREISTES:

  1. Formaat: Uiteensetting van Formaat en verskeie Formaat Elemente.
  2. Kreatiewe Benadering: Look & Feel, Aanbieder (indien enige), Uiteensetting van Deelnemers, Oudisie Proses, ens.
  3. Praktiese Oorwegings: Waar sal die reeks geskiet word? Tydlyn en Produksie Skedule sou TX in April 2023 wees.
  4. Span: Name en kort CV van sleutelpersoneel.
  5. Begroting in detail.

NB: Die geskrewe en (uiteindelike) persoonlike voorlegging moet in Engels wees sodat alle rolspelers van die M-NET-groep dit kan verstaan en evalueer.

Submit an Idea