Draaiboeksoek

Sluitingsdatum 01/02/2021

Draaiboeksoek

Voorgestelde riglyne vir ’n nuwe draaiboekkompetisie:

M-Net is op soek na ’n splinternuwe speelfilm-draaiboek. Daar is geen voorskrif of voorkeur ten opsigte van genre nie. Stuur vir ons ’n oorspronklike Afrikaanse storie, in die korrekte draaiboek-formaat, met die oog daarop om R50 000 te wen en moontlik jóú film op die Silwerskerm te sien skitter.

Reëls en riglyne

  • Die kompetisie is oop vir alle skrywers ouer as 18 jaar.
  • Slegs Afrikaanse draaiboeke en konsepte sal aanvaar word.
  • Slegs een inskrywing per draaiboekskrywer mag ingestuur word.
  • Draaiboeke moet nuut en 100% oorspronklik wees. Plagiaat is ’n baie ernstige oortreding. Drie draaiboeke sal vir verdere ontwikkeling gekies word. Enige draaiboekontwikkeling is onderhewig aan die kanaal se goedkeuring deur ’n sogenaamde “Skrywerskamer”-proses
  • Die drie suksesvolle draaiboekskrywers sal elkeen ’n eenmalige betaling van R50 000 vir hul wen-inskrywings ontvang nadat ’n ooreenkoms wat die bepalings ten opsigte van betaling en verdere ontwikkeling van die draaiboek uiteensit, tussen die skrywer en M-Net gesluit is.
  • Keuring word streng anoniem gedoen. Die skrywer se naam en kontakbesonderhede moet op die inskrywingsvorm ingevul word. Slegs die titel moet op die draaiboek verskyn ten einde anonieme keuring te verseker.
  • Draaiboeke moet geskryf word in 12 pt Arial en 1.5-spasiëring in Final Draft, Celtx, Trelby of Fade In, maar omgeskakel en gelewer word in ‘n PDF dokument. Elke bladsy moet genommer wees met die titel van die draaiboek duidelik sigbaar. Draaiboeke moet ongeveer 90 bladsye lank wees.

Submit an Idea