50min TV-film 2021

Sluitingsdatum 25/07/2021

Kanaal: fliekNET

Genre: Alle Genres

Taal: Afrikaans

Tydsduur: 50min TV-film (geen advertensies)

Episodes: 5-7

Begroting: R550 000 uitsl VAT per film. (die koste sluit ontwikkeling in)


 

kykNET wil aan geesdriftige vervaardigers die geleentheid bied om 5/7 x 50minuut TV-films te vervaardig. Die kanaal verwag dat die vervaardiger koste-effektiewe TV films maak, wat nuwe talent ontgin en ervaring bied.

Die ideaal sal wees om in ’n verskeidenheid gewilde filmgenres in te delf: romanse, fantasie, gruwel, komedie, drama, riller, en veral ’n paar treffers vir die jongklomp. Sekere genres is vanselfsprekend meer koste-effektief as ander met kreatiewe oplossings om beperkings te oorkom.

Die suksesvolle produksiemaatskappy moet kan bewys dat hulle die verskillende genres en uitdagings daarvan verstaan.

Stuur asb die volgende informasie deur as deel van die tender:


1. 5/7 x storie idees. Elke synopsis moet 200 – 250 woorde wees.


2. Begroting


3. CV’s/bio van skryf-span, regisseur, lynvervaardiger en HOD.

 

Vereistes:

  1. Maatskappy inligting

  2. ‘n Geldige B-BBEE sertifikaat of affidavit.

  3. ’n Uiteensetting van hoe die projek aangepak, vars talent ontgin, stories ontdek en geskep sal word, en kostes versprei sal word om die projek te verwesenlik.

Submit an Idea