50 min TV-filmprojek 2020

Sluitingsdatum 18/07/2020

Genre: Alle genres

Taal: Afrikaans

Tydsduur: 50 min TV-film (geen advertensies)

Episodes: 10

Begroting: R500 000 per film x 10 = R5 miljoen  BTW uitgesluit,  produksiefooi ingesluit.

 

Beskrywing:

kykNET wil aan geesdriftige vervaardigers die geleentheid bied om 10 x 50 minuut TV-films te vervaardig.  Die kanaal verwag dat die vervaardiger ervare skrywers, sowel as nuwe skryftalent en filmmakers inspan, om stories van 50 minute in enige genre te vertel.

Die ideaal sal wees om in ’n verskeidenheid gewilde filmgenres in te delf: romanse, fantasie, gruwel, komedie, drama, riller, en veral ’n paar treffers vir die jongklomp. Sekere genres is vanselfsprekend meer koste-effektief as ander, maar kreatiewe oplossings om beperkings te oorkom, sal in die vervaardiger se voordeel tel.

Die suksesvolle produksiemaatskappy moet kan bewys hulle verstaan die verskillende genres en uitdagings daarvan, kan inisiatiewe van stapel stuur om nuwe talent te betrek en ontgin, en kundig is om binne die gegewe begrotings die films te vervaardig.

Vereistes: 

  1. Maatskappy inligting
  2. ’n Geldige B-BBEE sertifikaat
  3. ’n Uiteensetting van hoe die projek aangepak, vars talent ontgin, stories ontdek en geskep sal word, en kostes versprei sal word om die projek te verwesenlik. 

Submit an Idea