Komedie Opdrag 2017

Sluitingsdatum 03/31/2017

Inleiding:

KykNET is op soek na voorstelle vir oorspronklike en hoogs vermaaklike komediereekse wat sal aanklank vind by kykNET kykers van alle generasies en kulture. Die reekse moet ʼn breë aantrekkingskrag hê sodat al die kykNET kanale daarvan gebruik kan maak.

Die oorkoepelende riglyn is: Ons soek gesinsvriendelike vermaak wat jy nie kan misloop nie en wat ’n instelling sal word op ons kykers se weeklikse TV-kyk skedule.

Stuur vir ons jou blink idee wat ons gehoor sal maak skater van die lag!     

Inhoudsriglyne:

  • Die reekse sal uit 13 episodes van 24 minute elk bestaan en sal tydens spitstyd uitgesaai word.
  • Die storielyne, karakters, situasies, grappe en alle ander inhoud moet relevant, kontemporêr en modern wees, dog gepas vir kykers van alle ouderdomme. 
  • Die inhoud moet ’n hoofstroom-aanslag hê en moet by so ’n groot as moontlik gehoor aanklank vind.
  • Dit is belangrik dat die program nie stereotipeer nie en dat karakters/deelnemers met uiteenlopende agtergronde ingesluit word.
  • Taalgebruik moet informeel en modern, dog heilsaam wees. Voorkeur sal gegee word aan tekste wat in byderwetse Afrikaans geskryf word.

Teikengroep

LSM 6-10

Gemik op ‘n intelligente gehoor wat van Afrikaanse stories in ’n moderne konteks hou.

Vereistes

Let asb daarop dat alle voorstelle via die M-Net webportaal ingedien moet word. Geen voorstelle wat per e-pos, of fisiek aan kykNET gestuur is sal aanvaar word nie.

Alle voorstelle:

  • Volledige CV’s van die sleutelpersoneel wat vir die produksie van die program verantwoordelik sal wees, bv. Regisseur; Vervaardiger; Hoofskrywer; Produksiebestuurder en Produksierekenmeester. Dui aan of die personeel permanente werknemers of kontrakpersoneel is.
  • ’n Volledige begroting op aangehegte kykNET templaat. Per minuut koste moet in voeling wees met die industrie standaard kpm’s vir die gekose genre.
  • ’n Omvattende opsomming van die reeks formaat en/of storielyne.
  • ’n Kort uiteensetting, of beplanning vir elke episode - in drie segmente verdeel.
  • ’n Volledige karakterbeskrywing vir alle hoofkarakters.
  • Voorstelle vir akteurs, komediante, aanbieders en ander gaste vir insluiting in die program.
  • Volledige eerste episode teks.

Korporatiewe Inligting

  • Huidige BEE status

Let wel: ons sal slegs vervaardigers oorweeg met ‘n B-BBEE status van 4 of minder, “QSEs” en “EMEs”. 

  • Maatskappyregistrasienommer
  • BTW registrasiesertifikaat
  • Inkomstebelastingnommer & kopie van registrasiesertifikaat
  • Kort opsomming van produksies wat tydens die laaste 5 jaar vervaardig is
  • Ouditeure

 


Kanale: